www.bybelkennis.co.za Blog

Die Here neem ‘n lewe

Die Here neem ‘n lewe – Francois Malan

Danie vra:

Mens hoor baiekeer dat mense by die afsterwe van iemand sou sê dit was die Here se wil. Die Here gee- en die Here neem ‘n lewe. Onlangs by ‘n begrafnis het ‘n predikant ook die woorde in ‘n gebed gesê. Is dit maar trooswoorde of hoe moet dit verstaan word? Ek vind dit baie moeilik om die “neem van ‘n lewe” te verstaan en of te verduidelik. Iemand het eendag tydens ‘n soortgelyke gesprek gesê dat “so then why worry”, as die Here dan my lewe wil neem soos dit Hom sou behaag hoekom dan glo?!

Die geeste in die gevangenis

Die geeste in die gevangenis – Francois Malan

Rudi vra:

Ek lees in 1 Petrus 3:19-20 dat Jesus na die geeste in die gevangenis gegaan het. My vraag is wanneer het dit presies gebeur? Daar word beweer dat dit gedurende die drie dae voor Sy opstanding was. Ek sal graag julle siening wou hoor.

milanie_boeke_advertensie

Laat sy Liefde jou Lei: Is jy ook ‘n tyd-slagoffer?

Laat sy Liefde jou Lei: Is jy ook ‘n tyd-slagoffer? – Milanie Vosloo

Is jy ook ‘n tyd-slagoffer?

Doen wat jy moet doen, en bly getrou aan die Here. Wees elke oomblik bly dat jy die Here ken. Hy sal sorg dat jy kry wat jy wil hê. Psalm 37:4

Ons leef in ‘n horlosie-gedrewe-wêreld. Keer op keer betrap ek myself dat ek wéér op my horlosie kyk, te vinnig bestuur, te min tyd het vir belangrike goed en daarom heeltyd gejaagd voel.

God as Pappa

God as Pappa – Francois Malan

Henriette vra:

Iemand my gevra hulle het Bybel deurgelees en vind nêrens in Bybel dat ons vir God as Pappa moet aanspreek nie. Nou voel hulle dis `n woord vir ons aardse vaders. Moet hulle of moet hulle nie vir Hom aanspreek as Pappa nie.