www.bybelkennis.co.za Blog

ark1

Die Verbondsark (1)

Die Verbondsark (1) – Coen Slabber

[In die Hebreeus word twee verskillende woorde gebruik om na die ark van Noag en na die verbondsark te verwys.]

Die opdrag om die ark te bou kom van die Here. Net soos met die tabernakel, gee Hy duidelike voorskrifte oor hoe die ark moet wees (Eksodus 25:10 – 22. In Eksodus 37:1 – 9 lees ons hoe die voltooide ark gelyk het.). Hulle moes die ark van doringhout maak.

milanie_boeke_advertensie

Laat sy Liefde jou Lei: Masker-mense

Laat sy Liefde jou Lei: Masker-mense – Milanie Vosloo

Soos jou gesig weerkaats in water; so wys iemand se hart wat in hom aangaan. Spreuke 27:19

Ervaar jy ook dat jy dit nogal goed kan regkry om ordentlik, erkentlik en respekvol teenoor mense buite jou gesinsverband op te tree, maar dat jy jou vriendelik-wees-masker sommer gou laat sak die oomblik wanneer jy by die huis in stap?

Vloeke

Vloeke – Francois Malan

Martin vra:

Ons vraag handel oor bloedlyn vloeke: 1) Waar in die Bybel word daarna verwys 2) Hoe word dit verbreek en is dit Bybels 3) Het Jesus of sy dissipels bloedlyn vloeke gebreek?

Ek hoor stemme

Ek hoor stemme – Kobus Kok

Amelda vra:

Ek wil baie graag weet: ek word tussen 2 en 4 in die oggend wakker maar met ‘n rustige gevoel.  Ek weet dis die Heilige Gees wat my wil laat bid en met Hom praat. Daar is nou paar keer wat ek wakker word, dit voel of iemand hard maar verseker my naam noem. AMELDA!!! Ek het nou al wakker geword en gedink my man roep my maar dan lê hy en slaap. Is dit die Here wat my roep?