www.bybelkennis.co.za Blog

Geloofsvrae: Doop: Samevattende betekenis

Geloofsvrae: Doop: Samevattende betekenis – Adrio König

Samevattende betekenis

Eerstens, die indruk wat hierdie kort oorsig maak, is dat die doop ‘n baie ryk en hoë betekenis het. Die doop hou direk verband met die hele heilsweg: inlywing in Christus, in die kerk en in die verbond, vergifnis, reiniging, weergeboorte, nuwe lewe. In ‘n sin is dit egter nie vreemd nie. Dit sou vreemd gewees het as dit net met een of twee van hierdie fasette van die heilsweg verband gehou het. Die heilsweg is immers ‘n eenheid wat net deur die verskillende begrippe uit verskillende hoeke benader word. As die doop regtig ‘n heilsmiddel is, moet dit dus met al die perspektiewe verband hou.

Geloofsvrae: Doop: Die betekenis

Geloofsvrae: Doop: Die betekenis – Adrio König

Die betekenis van die doop

Die NT heg ‘n ryker betekenis aan die doop as wat in enige kerklike tradisie tot sy reg kom. Ons moet dit egter nie verkeerd verstaan asof dit beteken dat die doop-op-sigself heilsbetekenis het nie. Die doop funksioneer in die nouste verband met die ander heilsmiddele soos die heilswerk van Christus, die werk van die Gees, die verkondiging van die evangelie en die geloof (o.a. 1Kor 12:13; Ef 5:26; Kol 2:12).