www.bybelkennis.co.za Blog

Geloofsvrae: Die dood volgens Plato

Geloofsvrae: Die dood volgens Plato – Adrio König

Die dood volgens Plato

Om te verstaan wat in die Bybel aangaan, is dit dikwels nodig om eers na bepaalde strominge in die Griekse wysbegeerte te kyk. Die vroeë Christene se denke is in baie opsigte sterk deur hierdie oortuigings beïnvloed, en hierdie invloed werk tot vandag toe sterk deur.

Geloofsvrae: Die verband tussen dood, siekte en hel

Geloofsvrae: Die verband tussen dood, siekte en hel – Adrio König

Die dood

Die verband tussen dood, siekte, hel

Tradisioneel word die dood en die hel in die leer oor `die laaste dinge’ behandel. Dit is egter beter om dit onder die sonde te doen omdat dit nie deel is van God se skeppingsdoel nie, maar eerder deel van die mislukking van sy doel met ons.

Geloofsvrae: Die Erfsonde

Geloofsvrae: Die Erfsonde – Adrio König

Die erfsonde

Die leer van die erfsonde is die oortuiging dat alle mense as sondaars gebore word en dus van kleins af onder die oordeel van God staan. Ons erfsonde word op een of ander manier met Adam en Eva se sonde verbind. Dit word meestal gegrond op Paulus se uitspraak: `Soos een oortreding (d.i. Adam se sonde) gelei het tot veroordeling van alle mense …’ (Rom 5:18).

Geloofsvrae: Die Oorsprong van Sonde

Geloofsvrae: Die Oorsprong van Sonde – Adrio König

Die oorsprong van die sonde

Eintlik sou dit beter gewees het om van die begin van die sonde te praat, want `oorsprong’ kan die indruk skep dat ‘n mens kan verstaan waar dit vandaan kom en hoe dit ontstaan het. Maar die sonde is sinloos, chaoties, onbegryplik. Dit pas op geen manier in in God se skepping en sy doel met die skepping nie.