www.bybelkennis.co.za Blog

Geloofsvrae: Die onderdanigheid van die vrou

Geloofsvrae: Die onderdanigheid van die vrou – Adrio König

  1. Die onderdanigheid van die vrou

Daar is minstens twee groepe uitsprake in die Nuwe Testament oor die posisie van die vrou. Daar is ‘n paar sterk wederkerigheidsuitsprake (soos Gal 3:28 en 1 Kor 7:1-16), en daar is ‘n aantal sterk uitsprake oor die onderdanigheid van die vrou (soos 1 Kor 11:3-16; 14:33-36; Ef 5:21-32; Kol 3:18-19; 1 Tim 2:8-15; Tit 2:4-5; 1 Pet 3:1-7). Kan hulle sinvol met mekaar in verband gebring word, of moet ‘n mens uiteindelik tussen hulle kies?

Laat sy Liefde jou Lei: Jy bly altyd syne

Laat sy Liefde jou Lei: Jy bly altyd syne – Milanie Vosloo

Jy bly áltyd syne!

“ … Gelukkig is hulle wat nie sien nie, maar tog tot geloof kom.” Johannes 20:29b

Geloof is nooit onwankelbaar nie. Dis selfs vir die sterkste geloofsreus moontlik om soms van koers af gegooi te word en dan in God se liefde en genade te begin twyfel. Wanneer jy deur ‘n geloofskrisistyd gaan, is dit altyd goed om weer by sy Woord te gaan stilstaan en te hóór hoe jou Here persoonlik vir jou sê:

Geloofsvrae: Die posisie van die vrou in die Bybel

Geloofsvrae: Die posisie van die vrou in die Bybel – Adrio König

Die posisie van die vrou in die Bybel 

Die Bybel is ‘n manlike boek – patriargaal en androsentries (gesentreer op die man). Die vrou beklee ‘n onderhorige plek. Sy is huisvrou en moeder. Sy het nie veel van ‘n eie regsposisie nie, en is volkome op haar man aangewese. Sy staan eintlik in diens van haar man en sy familie om kinders (veral seuns) vir hulle voort te bring want dit is hoe die man se familie uitgebou word.