www.bybelkennis.co.za Blog

Laat sy Liefde jou Lei: Waarom het Hy die Gees gestuur?

Laat sy Liefde jou Lei: Waarom het Hy die Gees gestuur? – Milanie Vosloo

Waarom het Hy die Gees gestuur?

Die “Here” dui hier op “die Gees” en waar die Gees van die Here is, heers daar vryheid. 2 Korintiёrs 3:17

Sonder die Gees van God sou ons brandarm kinders van die Heilige gewees het! Want sonder Hom sou ons hoegenaamd nie in staat wees om soos sy kinders te lyk nie. Daarom het ons alwetende Vader, ná die hemelvaart van sy Seun, ons met die teenwoordigheid van sy Gees geseёn het.

Geloofsvrae: Die aarde of die hemel

Geloofsvrae: Die aarde of die hemel – Adrio König

Die aarde of die hemel – waar is ons tuiste?

Die Bybel begin én eindig met die hemel en die aarde (Gen 1 en Open 21-22). Maar in beide dele gaan dit eintlik om die aarde, in Gen 1 om die oorspronklike aarde, en in Openbaring 21-22 om die nuutgemaakte aarde.

Gaan ons hemel toe?

Gaan ons hemel toe? – Francois Malan

Vraag:

Marilize vra:

Waar in die Bybel staan dit dat die kinders van die HERE hemel toe gaan? Ek lees in die woord dat ons na ons dood by die Here gaan wees, in die paradys (volgens Jesus self), die nuwe Jerusalem ens. Volgens die Bybel is die hemel die troon en woonplek van God. Is dit dus slegs ‘n aanname of afleiding dat ons hemel toe gaan?