www.bybelkennis.co.za Blog

Laat sy Liefde jou Lei: Jy’s nie weggegooi nie!

Laat sy Liefde jou Lei: Jy’s nie weggegooi nie! – Milanie Vosloo

Jy’s nie weggegooi nie!

Sara het Abraham beveel: “Smyt hierdie Egiptiese vrou en haar kind onmiddellik uit. Haar kind kan verseker nie saam met my kind erf nie.” Genesis 21:10

Ons almal het dit al beleef. Daardie gevoel dat ons weggegooi is! Dalk gaan hierdie weggooi-gevoel so ver as jou kinderjare terug.

Efesiërs (4)

Efesiërs (4) – Francois Malan

2.6 Geestelike oorlog teen die magte van die bose (6:10-20)

Hierdie gedeelte som die temas van die brief op in ‘n vergelyking met die wapenrusting van die Here en sy Gesalfde, wat optrek om sy volk uit die ballingskap in Babilonië te verlos, soos beskrywe in Jesaja 11:4-5; 59:17 en ook 49:2; 52:7 en met die Romeinse soldaat se toerusting in gedagte.

Amper dood

Amper dood – Kobus Kok

‘n Leser vra:

In 2008 was ek baie siek. Vir etlike sekondes het ek uit my liggaam gegaan en myself op die bed gesien lê in die intensiewe sorgeenheid. Wat het met my gebeur? was ek dood en teruggestuur deur God?