www.bybelkennis.co.za Blog

Geloofsvrae: Die noodsaaklikheid van die Bybel

Geloofsvrae: Die noodsaaklikheid van die Bybel – Adrio König

Die noodsaaklikheid van die Bybel

Daar is ‘n verband tussen die gesag en dit wat soms die noodsaaklikheid of onontbeerlikheid van die Bybel genoem word. Daar is ‘n sin waarin die Bybel onontbeerlik is. Hoe sou ons die evangelie suiwer ontvang het sonder die Bybel? Al sou daar deur al die eeue heen ‘n kerk gewees het wat die boodskap verkondig het, kon dit teen hierdie tyd al onherkenbaar verdraai gewees het.

Efesiërs (1)

Efesiërs (1) – Francois Malan

Efesiërs is die brief van die liefde: van God wat ons innig liefhet, ons uit die dood van sonde verlos en saam met Christus lewend gemaak het, en deur sy Gees, wat in ons kom woon het, vir ons laat deelhê aan die volheid van sy onbegryplike, onmeetlike liefde (2:4; 3:7-19), sodat ons mekaar sal liefhê en opbou in die gemeente (4:1-16), oor volksgrense (2:14-18), in die huwelik (5:21-32), in die gesin, en tussen werkgewers en werknemers (6:1-9).