www.bybelkennis.co.za Blog
Die NG Kerk en Sewendedag Adventiste – Francois Malan
Deon vra:
Wat is die NG kerk (Sinode) se siening indien ‘n Sewendedagse Adventiste ‘n lid van hulle wil word? Moet ek n volledige NG kategese ondergaan? Of is dit nie nodig nie? Ek is Groot gedoop in die Adventiste Kerk. Getroud in NG en kinders gedoop in NG kerk. Is nou al 17 jaar n aktiewe NG kerk ondersteuner. Dankie
Laat sy Liefde jou Lei: Vind vrede in jou roeping – Milanie Vosloo
Vind vrede in jou roeping
En nou vertrou ek julle aan God toe en aan die boodskap van die onverdiende goedheid wat Hy aan mense bewys. Handelinge 20:32
Werk, in watter vorm ook al, gee betekenis aan ‘n mens se lewe. Party van ons vind daardie sinvolheid in ’n uitdagende korporatiewe loopbaan waar ons op hoë vlak ’n bydrae lewer.
God maak rokke – Francois Malan
Jan vra:
Genesis 3: 21: En die Here God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek. God is Gees en ek wonder hoe Hy dan ‘n bok kon slag, die velle bewerk en rokke daarvan maak en om die twee dit te laat aantrek. Ek wil spekuleer dat Adam dit moes doen op die voorskrifte van God – maar dit is nie wat daar staan nie.
Die kruisiging van Jesus – Jan van der Watt
Jan vra:
Met die afgelope Paasnaweek en die gebeure rondom die kruisiging en opstanding van Jesus val my oog op Matth 27:51 waar hy sê die aarde het gebewe en die rotse het geskeur en verder Matth 28: 2: En daar kom ‘n groot aardbewing want die engel van die Here het uit die hemel neergedaal en die steen van die opening weggerol en darop gaan sit. Moet mens hierdie glo? So ‘n groot aardbewing en rotse wat skeur klink ‘n bietjie oordrewe om ‘n enkele klip weg te rol. Dit klink vir my maar redelik rof of het die skrywer bietjie aangedik?