www.bybelkennis.co.za Blog

DIE VLEUELS VAN GEBED (16)

DIE VLEUELS VAN GEBED (16) – Jan van der Watt

Ek en ‘n lekkergoedmasjien?

Een ding is dus seker: gebed is nie soos ‘n lekkergoedmasjien nie. Ek kies nie maar net wat ek wil hê, gooi my geld in, vat die lekkergoed en loop nie. In gebed praat ons nie met ‘n masjien wat maar net op ons versoeke reageer nie. Ons praat met die lewende God.

DIE VLEUELS VAN GEBED (15)

DIE VLEUELS VAN GEBED (15) – Jan van der Watt

Gebed doen meer aan jou as aan God?!

As ‘n mens gebed teen hierdie agtergrond sien, kan ons heelwat dinge beter verstaan. Om die waarheid te sê, ons sal by die hart uitkom van wat dit beteken om God iets in jou gebede te vra.

Laat sy Liefde jou Lei: Hoe dink Hy oor jou?

Laat sy Liefde jou Lei: Hoe dink Hy oor jou? – Milanie Vosloo

Hoe dink Hý oor jou?

Die Here sê: Ek dink heeltemal anders as julle. Ek doen dinge ook heeltemal anders as wat julle doen. Soos die wolke ver bo die aarde is, is die manier waarop Ek dinge doen ook ver bo die manier waarop julle dit doen. Jesaja 55:8a

Niemand van ons is verniet op hierdie aarde nie. Ook nie jy nie. Toe God besluit het om jou in jou moeder se skoot te plaas, het Hy oor jou gedroom .. gesien hoe jy as mens ontwikkel, met passie leef en ‘n ware dissipel vir Hom is.

DIE VLEUELS VAN GEBED (14)

DIE VLEUELS VAN GEBED (14) – Jan van der Watt

Op die skoot van God aan die gesels.

Vra wat jy wil… maar wie se wil?

Gebed ‘werk’ nie! En nou?

Een van die grootste probleme wat mense met gebed het, is hoe gebede beantwoord word. Wat presies gebeur met gebed? Hoe moet ons daaroor dink. Is dit soos ‘n geldoutomaat waar ons ons versoeke inpons en die outomaat reageer maar net? Is dit soos ‘n bedelaar wat langs die straat sit en maar vernederd sit en vra met die hoop dat iets na sy kant toe sal kom? Of werk dit miskien soos ‘n belastingvorm wat jy indien maar nooit seker is wat daar gaan uitkom nie? Ja-nee, wat is gebed presies as dit by die vraslag kom?