www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Wonderwerke
Wonderwerke
Die vergeesteliking van die wonderwerke
In die meeste historiese kerke speel die wonderwerke van Jesus nie ’n belangrike rol nie. Daar word selde oor die wonderwerke gepreek, en indien wel, word dit gewoonlik vergeestelik. As Jesus ’n blinde weer laat sien, is die toepassing gewoonlik iets soos dat Hy ons geestelike blinde oë wil oopmaak om die kanse raak te sien om Hom te dien. As Hy ’n lam man se bene weer sterk maak, beteken dit dat Hy ons geestelike lam bene wil sterk maak dat ons Hom voluit kan dien. ’n Mens kan ’n paar opmerkings hieroor maak.
Laat sy Liefde jou Lei: Sê jou hart: “Welkom!” – Milanie Vosloo
Sê jou hart: “Welkom!”?
En nou is dit die geloof ennie hoop ennie liefde wat bly staat, ma nettie liefde sal saam met my narie Jirre se jimmel toe gaan. 1 Kor 13:13 Uit Griekwapsalms
Wat ‘n voorreg dat die Meester-van-die-Liefde eens op ‘n tyd hier tussen ons kom leef en vir ons geleer het hoe die taal van liefde klink; hoe die hart van ‘n ware verskilmaak-mens lyk.
Oorlogvoering in die Ou Testament (3) – Coen Slabber
Ons het reeds na vestingstede en maniere om vestingstede in te neem, gekyk. Maar jy het ook mense/soldate nodig. Het Israel ‘n weermag gehad?
Na die uittog uit Egipte was Israel georganiseer in stamme en afdelings. In Numeri 2 lees ons van hierdie kamporde. Hierdie stamme was later die basis vir die militêre orde.
Die Groot Geloofswoordeboek: Die wil van God
Wil van God • Plan van God
Een van die klassieke godsdienstige vrae is: Hoe kan ek weet wat die wil van God vir my lewe is? Dikwels word juis die ander woord gebruik: Wat is die plan van God vir my lewe?