www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Vrede
Vrede
Die vrede wat God in die Bybel beloof, is soveel ryker as dit wat ons gewoonlik onder vrede verstaan. In die omgang het die Hebreeuse woord sjaloom (shalom) al bekend geword. Sommige mense gebruik dit selfs as ’n groet.
Onder vrede verstaan ons gewoonlik die afwesigheid van spanning, stryd, oorlog. “Daar’s weer vrede” beteken net die oorlog is verby.
Die Koningin van Skeba – Francois Malan
Marius Nel vra:
Ek is n getroue leser en student van die woord. Ek het onlangs ‘n paar dvd’s gekoop met Bybel verhale op. Ek was baie beindruk met die akkuraatheid van die verhale en het besluit om nog daarvan aan te skaf. Ek het toe in dieselfde reeks, Salomo gekoop en kon nie wag om by die huis te kom en dit te kyk nie. Groot was my telleurstelling toe ek die dvd kyk en besef hulle het, alhoewel ‘n groot gedeelte van die verhaal akkuraat was, in die verhaal gesê dat Salomo met die koningin van Skeba trou en ‘n kind by haar het, ens. – iets wat ek nêrens in die bybel raakgelees het nie.
Die Groot Geloofswoordeboek: Voorspoedsevangelie
Voorspoedsevangelie/Prosperity Gospel
Die Voorspoedsevangelie lê klem op materiële seëninge. Hulle is oortuig dat dit die wil van die Here is dat sy kinders in oorvloed moet leef. Daarom moet gelowiges wat materiële nood het, spesifieke dinge van Hom vra, en dan nie net “ons daaglikse brood” nie, maar luukshede. Jy vra vir ’n spesifieke motor en selfs die kleur wat jy wil hê. Jy vra nie net vir ’n paar dae om ’n bietjie te rus nie, maar vir ’n paar dae by ’n luukse vakansieoord. Alles behoort aan die Here en Hy wil sy kinders ryklik daarin laat deel.
Die Groot Geloofswoordeboek: Voorsienigheid
Voorsienigheid
Betekenis
“Voorsienigheid” kom van “voorsien” en het te doen met die manier waarop God voorsien in die lewe van sy skepping. Gewoonlik kyk ons na twee groot fasette: onderhouding en regering. Hoe hou God alles in stand (onderhouding), en hoe lei Hy sy skepping op pad na sy doel (regering).