www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Volharding van die Heiliges
Volharding van die heiliges
(*TULIP)
Die vraag of gelowiges hulle geloof heeltemal kan verloor en weer verlore kan gaan, is ’n ou verskilpunt onder Christene. Daar is eenvoudig twee antwoorde gegee: ja en nee. Die verskil loop saam met die verskil oor die vraag wat eerste kom: bekering of wedergeboorte. (*Heilsweg) Dié wat die nadruk lê op die inisiatief van God, plaas wedergeboorte eerste en aanvaar dat gelowiges nie weer verlore kan gaan nie. Immers, dit is God wat hulle red en Hy is getrou. Maar dié wat die nadruk lê op die verantwoordelikheid van die mens, stel bekering eerste (die mens moet reageer op God se roepstem) en daarom kan die mens weer verlore gaan.
Hoe het God met die aartsvaders gepraat? – Francois Malan
Willie Esrterhuizen vra:
God het met die mense van die Bybel op baie maniere gepraat. Met Moses blyk dit dat Hy hoorbaar met hom gepraat het. Ek wonder altyd hoe God met die aardsvaders gepraat het . Ek dink hier aan Abraham , Isak , Jakob en dan ook Josef veral toe hy in Egipte was. Hy was gehoorsaam deur daardie hele tyd en het aan God vasgehou , maar hy het nie n Bybel gehad , soos ons , om God se Woord te lees nie en die kommunikasie kon tog nie net van sy kant af gekom het nie . Op hoe ‘n manier het hy God gehoor, want geoordeel aan myself moet ‘n mens God se Woord gereeld hoor om versterk te kan word, veral as dit moeilik gaan.
Genesis 11 – Francois Malan
Willie Esterhuizen vra:
Genesis 11 het betrekking . God het die mense se taal verwar om hulle te verhoed om verder te gaan met die bou van die toring . Is dit dalk hier waar die verskillende nasies ontstaan het? Dit is baie interessant , as n mens die skepping in ag neem , dan wonder ‘n mens maar onwillekeurig hoe het dit gebeur dat daar soveel verskillende rasse op aarde is, want ons glo tog God het alles geskep , niemand anders het geskep nie.
Laat sy Liefde jou Lei: God kyk verby jou CV – Milanie Vosloo
God kyk verby jou CV
En Jesus sê vir die vrou: “Jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.” Lukas 7:50
Ons Vader se liefde is algeheel-omvattend. Hier op aarde het Jesus op soveel maniere vir ons kom wys dat Hy by uitstek ‘n Genade-God vir sondaars, verloorders, swakkes en siekes was. Die mense wat deur die “slim” godsdienstige leiers verwerp is, het sy vriende geword; onaansienlikes en gewone mense was sy dissipels; hulle wat te swak was om self te loop, het Hy met een woord opgehef en diegene wat so siek was dat ander nie eens naby hulle wou kom, het Hy in sy groot teerheid omarm.