www.bybelkennis.co.za Blog
Menslike Kloning (1) – Coen Slabber
In die inleidingsartikel oor bio-etiek op die webblad het ek na bio-etiek verwys as ‘n moderne dilemma. Hoekom? Met die geweldige vooruitgang op mediese gebied, veral op die gebied van genetika, gaan meer en meer probleme na vore kom. Party van hulle is reeds met ons (voorbeeld: genadedood); ander gaan ons iewers in die nabye toekoms tref (voorbeeld: kloning).
Die Groot Geloofswoordeboek: Urim en Tummim
Urim • Tummim
Ons weet baie min van hierdie twee vreemde klein voorwerpe wat in die borssak van die hoëpriester was (Lev 8:8). Hy het dit gebruik as een van die maniere om die wil van die Here te verneem.
Boerdery in die Ou Testament (3) – Coen Slabber
Ons het reeds na vee- en saaiboerdery verwys. Ons kyk nou na vrugteboerdery. In ‘n artikel oor etes en kos op die webblad is daar reeds na die verskillende vrugtesoorte verwys en waar in die Bybel ons van hulle kan lees. Daarom beperk ons ons hier tot wingerde.
Die Groot Geloofswoordeboek: Die Sinoptiese probleem
Sinoptiese probleem
Daar is baie opvallende verskille tussen die vier Evangelies. Omdat die eerste drie die *Sinoptiese Evangelies (die Sinoptici) genoem word, dus die Evangelies wat groot ooreenstemming toon, is die verskille tussen hierdie Evangelies nog opvallender. Daar is teoloë wat dit gebruik om die vertroue wat Christene in die Bybel het, te probeer ondermyn. (*”Nuwe Hervorming”)