www.bybelkennis.co.za Blog
Boerdery in die Ou Testament (1) – Coen Slabber
Die Israeliete was hoofsaaklik boere of ambagsmanne. Feitlik almal was op een of ander wyse by die landbou betrokke. Selfs die beroepsmense, soos pottebakkers, het ‘n stukkie familiegrond en ‘n paar diere gehad. Net die heel rykes het nie die lande bewerk of die vee opgepas nie. As grondeienaars was hulle wel betrokke by die landbou. Daar was veral drie tipes boerdery: veeboerdery, saaiboerdery en vrugteboerdery. Ons gaan na elkeen van hulle kyk. [Daar is artikels oor etes en kosse op die webblad wat by hierdie reeks artikels aansluit.]
Die Groot Geloofswoordeboek: Sondag; Sabbat
Sondag • Eerste dag van die week • Sabbat
‘n Misverstand
Die bekende misverstand is dat die Sabbat van die Ou Testament oorgegaan het na die Sondag van die Nuwe Testament. Alles sou net dieselfde gebly het, al die bepalings oor die Sabbat wat ons in die Ou Testament kry, sou nog van krag wees, maar dit sou alles net oorgeskuif het na die eerste dag van die week, Sondag.
Die Groot Geloofswoordeboek: Sonde en genade
Sonde en genade • Skepping-sondeval-verlossing • Wet en evangelie • Koninkryk • Verbond
Verskillende groepe het elk hul eie kernbegrippe (sleutels) waarmee hulle die Bybel probeer “oopsluit”.
Ons het hier vyf sulke sleutelbegrippe of grondmotiewe. Dis veral die *Evangelicals (“Evangeliese Christene” gee nie die tegniese term goed weer nie, maar word dikwels daarvoor gebruik) wat “sonde en genade” gebruik terwyl die Gereformeerdes die Bybel probeer oopsluit met die sleutel “skepping-sondeval-verlossing”.
Net soos hy met leë hande die wêreld ingekom het, verlaat hy dit ook weer met leë hande – Coen Slabber
Ongeveer 30 miljoen stukke bagasie word jaarliks deur lugrederye verloor. Al hierdie stukke wat nie opgeëis word nie, beland uiteindelik in die Unclaimed Baggage Center in Scottsboro, Alabama. Hier kan mense hierdie stukke koop teen winspryse. Een kliënt beskryf dit as ‘n skattejag. Ongeveer 7 000 nuwe items kom elke dag daar aan.