www.bybelkennis.co.za Blog

Godslasterlike Gedagtes

Godslasterlike Gedagtes – Jan van der Watt

‘n Leser vra:

Ek kry van tyd tot tyd allerhande godslasterlike gedagtes wat my baie ontstel. Ek kry pastorale berading. Ek is so bang vir verlore gaan. Ek stap noual 4 jaar ‘n pad met God.

Die Groot Geloofswoordeboek: Sonde

Die Groot Geloofswoordeboek: Sonde

Sonde • Oorsprong/Begin van die sonde

Sonde

Sonde kan op baie maniere omskryf word:

•             Dit is verkeerde dade wat ons doen, ook regte dade wat ons nie doen nie (sonde van com­mision en omission).

•             Dit is om die doel te mis (die betekenis van een van die Hebreeuse woorde).

•             Volgens Johannes 16:9 is dit allereers om nie in Jesus te glo nie, wat beteken dat sonde in die eerste plek ‘n verkeerde ver­houding is, en dat al die ander verkeerde dinge dan daaruit voortvloei.

Die Groot Geloofswoordeboek: Sinoptiese evangelies

Die Groot Geloofswoordeboek: Sinoptiese evangelies

Sinoptiese Evangelies

Matteus, Markus en Lukas word die Sinoptiese Evangelies ge­noem. Die woord “sinopties” is afgelei van ‘n Griekse woord wat “saam­kyk” beteken. Deur van die Sinoptiese Evangelies (ook Si­nop­tici genoem) te praat bedoel ons dat hulle saam na Jesus kyk, dat hulle ongeveer dieselfde oor Jesus skryf. Dit staan dan teen­oor Johannes wat ander dinge beklemtoon.

Die Doop van Kinders

Die Doop van Kinders – Jan van der Watt

Kotie vra:

Ek wil graag uitklaring kry van die volgende asseblief:

1. Deur te doop word ons deel van God se genadeverbond. Wat as ‘n persoon/kind/babatjie doodgaan voor hy/sy gedoop word, gaan die persoon dan outomaties hel toe?

2. As gelowige ouers hulle kinders laat doop, word dit dan outomaties aanvaar dat indien die kind/ers op ‘n baie jong ouderdom sterf, gaan die kind/ers outomaties hemel toe omrede die ouers gelowig is?

3. As ongelowige ouers hulle kinders laat doop, en die kind/ers gaan op ‘n vroeë ouderdom dood, gaan die kind/ers dan hel toe omdat die ouers nie gelowig is nie?