www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Postmodernisme
Postmodernisme
Postmodernisme is die versamelnaam van ‘n aantal strominge in die Westerse wêreld sedert die laaste kwart van die vorige eeu. Dit is ‘n reaksie teen die sekerhede van die *Modernisme wat oortuig was dat net dit wat gemeet en geweeg en bewys kan word, geldig en waar is.
Hoe lees ek die Bybel vandag? – Stephan Joubert
Het die Bybel vetoreg wanneer kerklike tradisie en moderne waardestelsels ter tafel is? Ja, die Bybel oorroep tradisie en kerkleer, tydsgees en menslike kontekste van buite af. Die Bybel is die geldige begin – en eindpunt binne enige konteks waar die lewende God as vernaamste Gespreksgenoot, Getuie en Normbron beskou word.
Etes en kos in die Bybel (2) – Jan van der Watt
Brood was ‘n basiese bestanddeel van enige huishouding se diëet. Brood was deel van elke aandete (en selfs van ander etes gedurende die dag). Brood was nie alleen ‘kos’ nie – dit was veel meer. Dit het ook diens gedoen as ‘eetinstrument’. Daar was gewoonlik ‘n bak met sous of vleis in die middel van die tafel.
Die Groot Geloofswoordeboek: Pinksterkerke/Charismatiese Kerke
Pinksterkerke • Charismatiese kerke
Alhoewel hierdie twee groepe kerke baie in gemeen het, is daar ook duidelike verskille. Die eerste verskil is die tyd van ontstaan. “Pinkster” (soos die Pinksterkerke soms genoem word) het teen die begin van die vorige eeu in Amerika ontstaan, terwyl die Charismatiese beweging ‘n halfeeu later, in die laat 1950’s begin het.