Waar kom die woord Dopper vandaan?
Waar kom die woord Dopper vandaan? – Kobus Kok
Sophia vra:
Waar kom die woord Dopper wat Gereformeerde Kerk lede beskryf vandaan?
Sophia vra:
Waar kom die woord Dopper wat Gereformeerde Kerk lede beskryf vandaan?
Pelagius • Pelagianisme
Pelagius is teen die helfte van die vierde eeu in Brittanje gebore. Hy was eintlik ‘n regsgeleerde, maar het nie sy beroep beoefen nie. Hy was ‘n baie ernstige Christen wat mense dringend tot bekering opgeroep het. Hy het nie die kerklike leer oor die *erfsonde aanvaar nie, maar geglo dat mense vandag nog net soos Adam gebore word, en nie onder die sonde van Adam ly nie.
Pastorale Briewe
1 en 2 Timoteus en Titus word die Pastorale Briewe genoem omdat dit soveel pastorale raad aan Timoteus en Titus gee oor hulle bediening in die gemeente.
Papirus • Perkament
Papirus
Papirus is ‘n rietsoort wat in Egipte in water groei. Daaruit is ‘n skryfblad gemaak wat ook papirus genoem is. Dit is in rolle opgerol om gebêre of vervoer te word. Wanneer ons in die Bybel die woord “boek” teenkom (2 Tim 4:13; Op 1:11), verwys dit gewoonlik na sulke rolle. Daar was nog nie boeke soos ons dit vandag ken nie. Papirus was die belangrikste skryfmateriaal van die vierde eeu voor Christus tot die sewende eeu na Christus. Die oorspronklike geskrifte van die Nuwe Testament was op papirus geskryf. Ons woord “papier” kom van hierdie woord af.