www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Nuwe Hervorming
“Nuwe Hervorming” • Jesusseminaar
Daar is ‘n groep teoloë in ons land wat hulleself die “Nuwe Hervormers” noem. Hulle wil daarmee aandui hoe belangrik hulle werk is, so belangrik soos dié van die Kerkhervormers in die sestiende eeu. Dink maar net aan Luther en Calvyn. Watter geweldige werk het hulle nie gedoen om sekere aspekte van die evangelie weer na vore te bring nie. (*Hervorming)
Die Dissipel vir wie Jesus baie lief was – Jan van der Watt
Christine vra:
Daar word telkens verwys na “Die dissipel vir wie Jesus baie lief was”. Waarom sou u sê word die dissipel se naam nooit genoem nie? Groete, Christine
Die Groot Geloofswoordeboek: Nuwe Aarde
Nuwe aarde
(*Hemel, *Wederkoms)
Die verwagting van ‘n nuwe aarde kom ‘n paar keer in die Bybel voor (Jes 66:22 ev; 2 Pet 3:13; Op 21:1 ev). Daarmee saam kry ons die belofte van ‘n nuwe Jerusalem (Op 21:2 ev), wat ook al in Jesaja 65:18 ev veronderstel word.
Die Groot Geloofswoordeboek: Nagmaal
Nagmaal
In die nagmaal word die dood van die Here Jesus herdenk en verkondig totdat Hy weer kom (1 Kor 11:26). Volgens die *Sinoptiese Evangelies (*Sinoptiese probleem) het die Here Jesus self die nagmaal ingestel tydens die Paasfees die aand voor Hy gekruisig is. Tydens die instelling het Hy eenvoudige maar heel ongewone woorde gebruik waaroor in die loop van die geskiedenis baie nagedink is.