www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Onderdanigheid van die Vrou
Onderdanigheid van die vrou
Die vrou se onderdanigheid het gedurende die laaste eeu ‘n al groter diskussiepunt geword. Vroeër is dit byna sonder uitsondering as vanselfsprekend aanvaar. Die vroeë kerkvaders het selfs ‘n baie negatiewe siening van die vrou gehad wat veral verbind is aan die feit dat die Bybelverhaal die eerste sonde aan Eva toeskryf. Daar is selfs gesê dat die vrou “die poort na die hel is” omdat sy die mensdom in sonde laat val het.
Grootdoop en Kleindoop – Kobus Kok
Bernard vra:
Ek is steeds lidmaat van die NG Kerk en het lank met my dominee oor die doop gesels omdat ek baie deurmekaar geraak het want een sê so die ander sê so. Ek glo dit is sonde om die kleindoop te verwerp, want ek is kleingedoop en ek gaan oor na ander kerk soos die AGS en ek laat my oordoop. Die doop red niemand nie. Jesus het mos in die Jordaanrivier in ons plek gedoop.
Die Groot Geloofswoordeboek: Moralisme
Moralisme benadruk die korrekte optrede sonder voldoende beklemtoning van godsdienstige belewing. Dit word ook wettisisme genoem.
Die Groot Geloofswoordeboek: Moederbelofte
Genesis 3:15 word die “Moederbelofte” genoem; dit beteken die eerste van alle beloftes. Baie mense meen dit is alreeds ‘n belofte van die *Messias of *Verlosser wat eendag sou kom, en noem dit dan die “Proto-evangelie” of eerste evangelie.