www.bybelkennis.co.za Blog

Die Groot Geloofswoordeboek: Metodis

Die Groot Geloofswoordeboek: Metodis

Metodis • Metodistekerk

‘n Metodis is óf lid van die Metodistekerk (Methodist Church), of iemand met dieselfde oortuigings as die Metodiste. Daar is ‘n groot verskeidenheid Metodistekerke veral in Engeland en Amerika. Daar is selfs ‘n paar wat nog as Wesleyaanse Kerke be­kend staan.

Die Groot Geloofswoordeboek: Messias, Christus, Gesalfde

Die Groot Geloofswoordeboek: Messias, Christus, Gesalfde

Messias/Christus/Gesalfde

  • Seun/Nasaat van Dawid Messiaanse profesieë Seun van God

Die Afrikaanse woord “Gesalfde” is ‘n vertaling van die woord “Mes­sias”, en die Griekse woord “Christus”. Die gedagte van ‘n ge­salf­de kom van die ge­bruik in die Ou Testament om sekere mense te salf as hulle in ‘n besondere diens van God gestel word.

Die Groot Geloofswoordeboek: Mensvormige spreke oor God

Die Groot Geloofswoordeboek: Mensvormige spreke oor God

Mensvormige spreke oor God/AntropomorfismesOnveranderlikheid/Veranderlikheid van God

(*God, *Liefde)

Mensevormige spreke oor God

Een van die verskynsels in die Bybel wat altyd besondere aandag getrek het, is die menslike of liewer mensvormige manier waar­op daar in die Bybel oor God gepraat word.