www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Maagdelike Geboorte
Maagdelike geboorte
Die maagdelike geboorte van Jesus is deel van ons belydenis. (*Twaalf Artikels) Daarmee bely ons dat Hy nie deur die toedoen van ‘n man gebore is nie en dus ‘n buitengewone geboorte gehad het. Tegnies sou ‘n mens eerder van sy maagdelike verwekking kon praat. Dis nie soseer die geboorte nie as die bevrugting wat sonder ‘n man plaasgevind het.
Die Groot Geloofswoordeboek: Luther en Lutherse Kerke
Luther
Martin Luther (1483-1546) het die *Kerkhervorming in Duitsland begin. Die datum wat simbolies daaraan geheg word, is 31 Oktober 1517 toe hy 95 stellings teen die kerkdeur in Wittenberg vasgespy-ker het.
Die Groot Geloofswoordeboek: Liturgie
Liturgie
Die woord “liturgie” kom van die Griekse woord leitourgia wat soms vertaal word met “diens” en verband hou met diens aan God en aan ander gelowiges.
Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde
Liefde
(*God)
“Liefde” is een van die kernwoorde van die Bybel, maar miskien juis daarom een van die mees misbruikte woorde. In ons samelewing word dinge liefde genoem wat eerder onverantwoordelike en ongebreidelde hartstog is.