www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Leë Graf
Leë graf
As ‘n mens ‘n duidelike aanduiding soek of iemand werklik in die opstanding van Jesus glo, vra jy of Jesus se graf leeg was. As sy graf nie leeg was na sy *opstanding nie, was die opstanding iets anders as wat ons in die Bybel lees.
Die Groot Geloofswoordeboek: Lankmoedigheid/Geduld
Lankmoedigheid/Geduld
“Lankmoedigheid” is ‘n ouer woord wat soms ook ‘n negatiewe konnotasie het soos in “die lankmoedige Neelsie”, wat ‘n mens aandui wat lammerig en papperig is. Ons praat deesdae eerder van “geduld”.
Die Groot Geloofswoordeboek: Die Kruis
Kruis
Die kruisiging van Jesus het ‘n ongelooflike ryk betekenis in die Nuwe Testament. Maar ‘n mens moet baie duidelik onderskei tussen die aanvanklike interpretasie van die kruis en die later interpretasie.
Jesus praat ‘n hele paar keer van die feit dat Hy doodgemaak gaan word (Mark 8:31 ev; 9:30 ev; 10:32 ev), en ‘n keer of twee gee Hy ook ‘n interpretasie daaraan: sy dood sal ‘n losprys wees vir baie (Mark 10:45).
Die Groot Geloofswoordeboek: Kruis dra/opneem
Kruis dra/opneem
Jesus stel dit as ‘n eis dat die mense wat Hom wil volg:
• hulself moet verloën
• hul kruis moet opneem
• agter Hom moet aankom (Mark 8:34 ev)