www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Koninkryk van God en Bose Magte
Jesus se stryd teen die duiwel en hierdie bose magte, en veral sy oorwinning oor hulle, is dié voorbeeld van die koms van die koninkryk van God. Geen ander faset van Jesus se aardse bediening word meer beklemtoon in die Evangelies as juis sy duiweluitdrywing (eksorsisme) nie.
Die Groot Geloofswoordeboek: Kinders van God
Kind/Kinders van God
Die begrip “kinders van God” word in minstens twee betekenisse gebruik. Dit kan óf net na gelowiges verwys, óf ook na alle mense.
Daar is uitsprake wat van gelowiges as kinders van God praat (Joh 1:12; 1 Joh 3:1-2; Rom 8:14-25), maar soms word alle mense as kin-ders van God beskou omdat almal skepsels van God is. Daarmee word dan nie bedoel dat almal ook gelowiges is nie. Die twee betekenisse lei dikwels tot misverstand tussen groepe Christene.
Die Groot Geloofswoordeboek: Kettery
Kettery is enige leer oor ‘n wesenlike deel van die evangelie wat deur die kerk verwerp is.
Die Groot Geloofswoordeboek: Kerkorde
‘n Kerkorde bevat die goedgekeurde beginsels waarvolgens ‘n bepaalde kerk georganiseer en bestuur word.