www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Heilsweg (2)
Hoe gebruik die Bybelskrywers hierdie begrippe?
In die Bybel kry ons duidelike aanduidings dat ons dit juis so moet verstaan en nie as een “stasie” (ervaring) na die ander nie. Geen skrywer in die Bybel gebruik al hierdie begrippe nie, en geeneen probeer hulle enigsins in ‘n rytjie agtermekaar sit nie.
Die Groot Geloofswoordeboek: Heilsweg (1)
Heilsweg
- Bekering Geloof Geloofsekerheid Regverdiging (Vryspraak) Regverdigmaking Redding Vergifnis Verlossing Verlosser (Enigste Verlosser) Wedergeboorte (Nuwe lewe)
Oor die *heil self het ons elders nagedink. Dit is in die eerste plek gemeenskap met God. Die heilsweg is die wyse waarop ‘n sondaar deel kan kry aan die heil.
Hier volg eers ‘n algemene bespreking van ‘n paar probleme en daarna word die begrippe in alfabetiese volgorde behandel.
Die Groot Geloofswoordeboek: Heilsorde
Die begrip “heilsorde” word soms in die plek van *heilsweg gebruik. Die gedagte is dan dat daar ‘n bepaalde volgorde is waarin ‘n mens aan die heil deel kry.
Die Groot Geloofswoordeboek: Heiligmaking
Heiliging/Heiligmaking • Vereniging met Christus • Krisisse
Wanneer die begrip *heilsweg bespreek word, word beklemtoon dat dit om een sentrale ervaring gaan en dat sake soos *wedergeboorte en *bekering nie verskillende ervarings is wat na mekaar volg nie. Dit is egter anders by heiligmaking.