www.bybelkennis.co.za Blog

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (10)

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (10) – Jan van der Watt

Die familie moes aan die lewe bly

Byna 80% van die mense van destyds was dagloners wat maar elke dag vir  ʼn werkie gaan soek het. Ons lees byvoorbeeld hoe die eienaar van ʼn stuk grond mense op straat gaan huur het om vir hom te werk  (Matteus 20 ).

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (9)

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (9) – Jan van der Watt

Waardes was groepwaardes 3

Nog ʼn belangrike waarde vir die Mediterreense mens was eer. Eer was iets wat jy in die oë van ander gehad het; dit is wat hulle van jou gedink het.

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (8)

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (8) – Jan van der Watt

Waardes was groepwaardes

ʼn Groep wat verdeeld is, kan nie standhou nie (Markus 3:24). Daarom is twis, onmin en onvrede binne ʼn groep ʼn baie groter probleem in die Bybel as wat dit vir ons moderne mense is (Jakobus 4; 1 Korintiërs 1:10-17).

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (7)

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (7) – Jan van der Watt

Waardes was groepwaardes

Die oproep in Jakobus 4:11 om nie vir jou broer kwaad te word nie, wil juis die groep beskerm, want as jy iemand in die groep skade aandoen, beskadig jy eintlik so die hele groep. In die lig hiervan moet ons ook die opsomming van die wet sien.