www.bybelkennis.co.za Blog
Ewigheid – Adrio König
Dit is ’n apokaliptiese begrip (*Apokaliptiek) wat ons ons moeilik kan voorstel omdat dit nie deel van ons ervaringsveld is nie. Ons kan dit wel negatief stel teenoor ons ervaring van eindigheid en tydelikheid wat weldeeglik deel van ons ervaring is. Ons sien mense doodgaan; trouens, omtrent alles om ons vergaan, en ons word self stadigaan oud.
Esegiël 39 – Marius Nel
Jan Smith vra:
Volgens Esegiël 39 sal Israel vir 7 jaar kan vuurmaak met die verslane leërs se skilde, boë, pyle, knopkieries en spiese. Verder sal hulle die dooies vir 7 maande lank begrawe. Die roofvoëls en wilde diere sal ook na hartelus kan eet.
Die Groot Geloofswoordeboek: Godsdiensvryheid
Godsdiensvryheid lê na aan die hart van Protestantse gelowiges. Dink maar net aan die dae van die Kerkhervorming toe die Protestantse geloof deur die Katolieke Kerk en sommige regerings in Europa verbied is. Dink net hoe ons voorouers in Frankryk vervolg en gemartel is en veral na Holland gevlug het van waar hulle na die destydse Kaap van Goeie Hoop geëmigreer het.
Die Groot Geloofswoordeboek: Goeie werke
Die groot vraag is wat die waarde van goeie werke is. Tydens die Kerkhervorming (*Hervorming) was dit ‘n belangrike verskil. Volgens die Kerkhervormers het die Katolieke Kerk geleer dat ‘n mens deur jou goeie werke ‘n bydrae lewer om gered te word. Dit sou dan beteken dat Christus nie regtig aan die kruis genoeg gedoen het nie.