www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Gelykenis
‘n Gelykenis is ‘n verhaal uit die gewone lewe om ‘n geestelike of morele waarheid oor te dra. Jesus het baie gelykenisse vertel, maar daar is ook gelykenisse in die Ou Testament (Rig 9:8 ev; Jes 5:1-2). Dit is nie aanvaarbaar om aan elke klein besonderheid in ‘n gelykenis ‘n spesifieke betekenis te gee nie, al is dit ‘n baie ou gebruik.
Die Groot Geloofswoordeboek: Gebed
Gebed is deel van ons antwoord aan God. Gebed kan baie vorme aanneem. ‘n Mens kan hardop of sag bid, lank bid of ‘n “skietgebed opstuur”. Daar is meer formele gebede in eredienste, en persoonlike gebede. Soms hoor ‘n mens van gebedsreise. Gemeentes organiseer ook geleenthede van “deurnaggebed” in buitengewone omstandighede.
Die Groot Geloofswoordeboek: Gawes en vrug van die Gees
Verbygaande gawes?
Dit gaan hier oor die gawes waarvan ons veral in 1 Korintiërs 12 lees, en die vrug van die Gees (Gal 5:22-23). Daar was vir baie lank in die historiese kerke groot teologiese verskille of die Geestesgawes in die geheel nog voorkom. Veral onder sommige Gereformeerdes was daar ‘n sterk saak uitgemaak vir die sogenaamde “Streepteologie”, die oortuiging dat die gawes net vir ‘n tyd lank bedoel was en daarna verdwyn het. Daar is veral na 1 Korintiërs 13:10 verwys: “Maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees.”
Die Groot Geloofswoordeboek: Fundamentalisme
Die Fundamentalisme gaan van die standpunt uit dat die Bybel die Woord van God is en daarom onfeilbaar moet wees. God is immers onfeilbaar; daarom moet sy Woord dit ook wees. As daar een enkele fout in die Bybel is, word alles onseker; dan kan enige ander deel ook foute in hê en dan is ons van niks meer seker nie; dan kan ons selfs vir God nie meer vertrou nie.