Die Evangelie volgens Lukas: Jesus stuur die twaalf uit (Luk 9:1-6) – Francois Malan
Lukas volg Markus 6:6b-13, verkort en verander dit volgens sy styl en teologiese insigte. Lukas laat Markus 6:1-6a oor Jesus se besoek aan Nasaret uit, wat reeds breedvoerig in Luk 4:16-20 behandel is, om aan die begin van sy Evangelie...