www.bybelkennis.co.za Blog

Sleutels wat die antieke wêreld oopsluit (4)

Sleutels wat die antieke wêreld oopsluit (4) – Kobus Kok

Eer en skaamte as die primêre waardes van die antieke tyd

Nou die dag ry ek in Sandton rond. Oral om my sien ek duur luukse motors en advertensies langs die pad wat die belangrike ekonomiese waardes van ons tyd weerspieël. Elke tweede advertensie op die televisie gaan oor beter klere wat jy kan dra, beter parfuum wat jou meer aanloklik gaan maak en ʼn beter motor wat die koppe sal laat draai en jou ouers sal trots maak.

Die Apokriewe Boeke (15)

Die Apokriewe Boeke (15) – Jan van der Watt

Die invloed van die apokriewe boeke moet nie onderskat word nie. Die Christendom is nou min of meer 2000 jaar oud en vir verreweg die langste deel hiervan – tot ongeveer 1500/1600 nC – was die Ou-Testamentiese apokriewe deel van die Bybel. Daarna is dit deur die Protestante uit hulle Bybel uitgehaal, maar dit het nog steeds deel van die Rooms-Katolieke Bybel gebly.

Die Apokriewe Boeke (14)

Die Apokriewe Boeke (14) – Jan van der Watt

Die eerste brief van Klemens is nie ʼn apokriewe boek nie, maar ʼn vroeg-Christelike geskrif. Hy was die biskop van Rome (die pous soos ons hom vandag ken). Hierdie brief is aan die gemeente in Korinte gerig.

Selfbeheersing

Selfbeheersing – Kobus Kok

Between stimulus and response there is a space…

In that space lies our ability to choose our response. Therefore, we are nothing less than responsible beings, able to respond appropriately.

Onbekende Outeur

Selfbeheersing is niks minder nie as die vermoë om verantwoordelike en redelike keuses te maak.