www.bybelkennis.co.za Blog

Buitebybelse getuienis oor Jesus (3)

Buitebybelse getuienis oor Jesus (3) – Jan van der Watt

Joodse verwysings uit die tyd kort na Jesus se opstanding.

Natuurlik was die Jode nie baie tevrede met die nuwe beweging wat beweer dat die (Joodse) messias vir almal gekom het nie. Hulle was eintlik baie vyandig gesind teenoor die Christene en Jesus, veral toe die Christelike geloof so vinnig begin groei het. In die verhale in Handelinge en uit Paulus se briewe, asook die Johannese geskrifte kom ons agter dat daar baie spanning tussen die Jode en die Christene was. Maar dit is nie net die Christene wat daarvan skryf nie.

Ontvangs van die Heilige Gees (2)

Ontvangs van die Heilige Gees (2) – Jan van der Watt

Naomi vra;

Hoe werk die ontvangs van die Heilige Gees volgens sekere gedeeltes in Handelinge?

* Handelinge 2: Die apostels was almal gelowig, maar het met Pinkster eers die Heilige Gees ontvang.

* Handelinge 8:12-14 – die apostels kom eers later en gee die Heilige Gees.

* In Handelinge 9 kom Paulus tot bekering oppad na Damaskus en eers nadat Ananias hom die hande opgelê het (vers 17) het hy die Gees ontvang.

* Handelinge 19 – daar kry mense eers die Gees later.

[Vraag verkort.]

Buitebybelse getuienis oor Jesus Christus (2)

Buitebybelse getuienis oor Jesus Christus (2) – Jan van der Watt

Nie-Christelike Jode wat van Jesus praat

Josefus in Antiquities of the Jews – sy boek oor die geskiedenis van die Jode van die skepping af tot 66nC – noem Jesus twee maal en Johannes die Doper een maal. Hy noem dat Johannes ʼn gewilde figuur was wat genoeg invloed gehad het om ʼn opstand te kon reël wat  hom uiteindelik ook sy lewe gekos het.