www.bybelkennis.co.za Blog

Vas

Vas – Jan van der Watt

Vas, met ander woorde, om vanweë geestelike  of godsdienstige redes bewustelik te besluit om nie te eet vir ‘n beplaalde periode nie, word vandag nog wyd in die Christendom beoefen, byvoorbeeld in die Rooms Katolieke, Ortodokse en sekere van die Protestantse kerke. Dit word selfs deur sommige as verpligtend gesien.

Die Groot Geloofswoordeboek: Calvyn

Die Groot Geloofswoordeboek: Calvyn

 

Calvyn

Johannes Calvyn (1509-1564) was saam met Martin Luther een van die bekendste Kerkhervormers. (*Hervorming) Hy was jonger as Luther. Hy was net ag jaar oud toe Luther in 1517 die 95 stel­lings teen die *Katolieke Kerk aan die deur van die katedraal in Wittenberg gespyker het. Hy het in Frankryk en Switserland opgetree, veral in Genève.