www.bybelkennis.co.za Blog

Sleutels wat die antieke wêreld oopsluit (3) – Mans is Baas

Sleutels wat die antieke wêreld oopsluit (3) – Mans is Baas – Kobus Kok

“Die man is die onbetwiste hoof van die huis, deur die gode gemaak om te heers en die vrou is gemaak om hom te gehoorsaam,” so het die belangrike Romeinse filosoof Seneka, raadgewer van keiser Nero, op ʼn goeie dag luidkeels geargumenteer.

Hoekom was daar “vuurtonge” op die dissipels se koppe?

Hoekom was daar “vuurtonge” op die dissipels se koppe? – Kobus Kok

Iemand wat na ons weeklikse (Vrydag oggende om 08:00) radioprogram “Verstaan jy wat jy lees?”op radiokansel luister, het die volgende interessante vraag gevra: “Hoekom was daar vuurtonge op die dissipels se koppe toe die Heilige Gees uitgestort is?” Wat was die betekenis van vuur vir die antieke mense?

nuwetestament

Hoe het die Nuwe Testament ontstaan?

Hoe het die Nuwe Testament ontstaan? – Kobus Kok

Anton vra:

Baie dankie vir Dr Kobus Kok wat gister in die diens genoem het van hierdie webwerf. Die volgende is iets waaroor ek al lankal wou navraag doen, met betrekking tot die samestelling van veral die Nuwe Testament van die Bybel:

Jesus se kruis en kroon

Jesus se kruis en kroon – Jan van der Watt

Johan Lotter vra:

Groet julle in Jesus se Naam. Ek wil graag gehelp wees: ek stel belang in die kruis en die kroon van Jesus Ek is n wedergebore kind van Hom en doen sodoende baie Bybelstudie en dit het na n interessante onderwerp gelyk. Ek sal graag wil weet of daar antwoorde is daarop–wat het van Sy kruis en Sy kroon geword? Dankie en Agape groete hier uit die Weskus -Vredenburg