www.bybelkennis.co.za Blog

Sabbat en Sondag (3)

Sabbat en Sondag (3) – Kobus Kok

Gerhard vra:

Na aanleiding van Dr Kobus Kok se antwoord op my vraag. Hy skryf onder andere: “Van die heel begin van die skepping af, volgens die Hebreeuse, of OT tradisie is die Sabbat op die sewende dag en dit gaan terug na die skeppingsverhaal.” Ek het gedink dit was ‘volgens die skeppingsverhaal’ in die Ou-Testament, met ander woorde, ín, en ‘vólgens’, God se Woord, God se Woord vir die HELE Israel; van God soos byvoorbeeld die Christene. Nou moet ek verneem ek het myself al die tyd verlaat op “die Hebreeuse tradisie”. Kan ek nou God of sy Woord, vertrou?