www.bybelkennis.co.za Blog

Die Groot Geloofswoordeboek: Baptiste

Die Groot Geloofswoordeboek: Baptiste

In Suid-Afrika is daar verskillende Baptistekerke, maar dit is almal klein groepies. Dit geld ook van die res van Afrika.

In Engeland en veral in Noord-Amerika is daar egter baie groot Baptistekerke. Die grootste een is die Southern Baptist Convention (SBC) in die VSA wat ongeveer veertien miljoen lid­mate het en naas die *Katolieke Kerk (wat wêreldwyd ‘n eenheid is) waarskynlik die grootste denominasie in die wêreld is en ook die grootste sen­ding­uitreik het.

Die Groot Geloofswoordeboek: Apokaliptiek(2)

Die Groot Geloofswoordeboek: Apokaliptiek(2)

Apokaliptiek

Die woord “apokaliptiek” is afgelei van ‘n Griekse woord. Dit dui op ‘n wêreldbeskouing met sterk bonatuurlike elemente, soos bo­se magte wat die natuur en die mense aanval, goeie magte wat die kinders van God beskerm, wonderwerke, ‘n bonatuur­li­ke wêreld­einde wanneer die sterre sal val, Christus weer sal kom, die dooies sal opstaan, die hele mensdom geoordeel sal word en die aarde nuut gemaak sal word.