www.bybelkennis.co.za Blog
Die kern van die evangelie in Openbaring 12:7-12 – Fanie Rudolph
Inleiding:
Openbaring 12:7-12 skets ‘n mitologiese oorlog in die hemel. Die uitslag van hierdie oorlog bevestig dat God steeds Alleenheerser in die hemel is. Satan is uit die hemel uitgegooi. Alhoewel Migael die oorlog veg en die Satan verslaan, word hy nie as oorwinnaar erken nie. Die oorwinning word toegeken aan die Lam van God, i.e. Jesus Christus.
God is met ons – Matteus se evangelie in een sin – Fanie Rudolph
Inleiding:
Matteus skryf sy evangelie aan oorwegend Joodse lesers. Hy doen baie moeite om Jesus as die verwagte Messias uit te wys, spesifiek met behulp van aanhalings uit die Ou Testament. Sy uitstaande aanhaling is egter die een in Matteus 1:23 : “Die maagd sal swanger word en ‘n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.” Hiermee bevestig Matteus dat die koninkryk van God gekom het – in die persoon van Jesus Christus self.
TBN TV – Vraag
Marguerite van Niekerk vra:
Die TBN TV kanaal (op DSTV) het my baie verwar en onseker laat voel. Moet ek as kind van God daarna kyk? Is dit nie teenstrydig met die Woord van God nie? Baie dankie vir die diens. Ek dink mense het regtig n behoefte daaraan.
Die idee van die wegraping [5] – Dirk Venter
Ander teksgedeeltes waarby die wegraping ingelees word
- 2 Tessalonisense 2:6-8 – die een wat die wettelose teëhou. Wanneer die wegrapingsidee van buite af by hierdie teks ingelees word (want, net soos in die geval van Matteus 24:36-44 en ander teksgedeeltes, gee die teks self geen aanduiding daarvan nie), word daar veronderstel dat die kerk die een is wat die wettelose (antichris) teëhou, en dat die manier waarop die kerk “uit die weg” geneem word, die wegraping is.