www.bybelkennis.co.za Blog

anna_steyn

Dr Anna Steyn

Dr Anna Steyn Gebore op 25 Mei 1951 op Christiana in die Noordwes provinsie. Matrikuleer aan die einde van1969 aan die Christianase Hoërskool en studeer daarna aan die Universiteit van Pretoria en behaal in 1973 die BA(SW) graad in Maatskaplike...

Francois_Malan

Prof Francois Malan

Prof. Francois Malan Francois Stephanus Malan B.A. D.D. (UP) gebore Wolmaransstad 1934.10.17. (Getroud met Nesta Hartzer; 8 kinders; 14 kleinkinders) Legitimasie Universteit van Pretoria 1958; Ordening NGSendingkerk van Transvaal, Johannesburg 1959. Sendeling van die NGKerk in Johannesburg (1959-1970) en op...

“Huisskoonmaak”

“Huisskoonmaak”

Theo Visser vra:

Daar doen ‘n CD die rondte wat “huisskoonmaak” hanteer. Daarin word gelowiges aanbeveel om van sekere items wat moontlik in die huis kan voorkom, ontslae te raak –  byvoorbeeld beeldjies van feetjies of kabouters. Sulke items sou dan glo oop deure vir die bose wees . Ek glo nie ek onderskat die krag van die bose nie , maar maak hierdie mense afleidings wat nie gestaaf kan word deur behoorlike bestudering van die Woord nie? Ek glo so. (Ek het nog nie self die CD onder oë gehad nie so ek weet nie wie dit uitgee nie.)