www.bybelkennis.co.za Blog
Paulus oor gelowiges se bydraes – Hoe om te gee [1]
Wanneer Paulus die Korintiërs in 2 Kor. 8-9 motiveer om bydraes te gee ter verligting van die nood van die arm gelowiges in Judea, gee hy vir die gelowiges duidelike riglyne oor die gesindheid waarmee hulle hierdie bydraes behoort te gee. Die gesindheid waarmee gegee word is immers vir God belangriker as die grootte van die gawe (8:12)! Vier van hierdie regte gesindhede word hier bespreek, en nog drie word in ‘n tweede artikel genoem.
Paulus oor gelowiges se bydraes – Bestuurders daarvan moet omsigtig optree
Dikwels wanneer gelowiges bydraes vir bepaalde sake gee, is daar ‘n bemiddelaar of bestuurder van die fondse nodig om dit uiteindelik te besorg aan die doel waarvoor dit gegee is. So het die Korintiërs ook bydraes gegee vir die verligting van die arm gelowiges in Judea se nood, en Paulus het opgetree as ‘n tussentydse bemiddelaar en bestuurder van hierdie fonds. Uit 2 Korintiërs 8-9 is dit duidelik dat Paulus onder sulke omstandighede ‘n beginsel van groot omsigtigheid voorgestaan het.
Toegepaste teologie – twee beginsels wat Paulus laat besluit het om nie van die Korintiërs bydraes vir sy persoonlike onderhoud te aanvaar nie
Dit word reeds in 1 Kor. 9 duidelik dat Paulus besluit het om nie van die Korintiërs bydraes vir sy persoonlike onderhoud te aanvaar nie, hoewel hy as apostel eintlik daarop geregtig is. 2 Korintiërs werp verdere lig op Paulus se motivering in dié verband. Twee diepere teologiese oorwegings motiveer hom om hul aanbod van die hand te wys: 1) is dit in belang van die evangelie? en 2) is dit in belang van die gemeente?
Waarom Paulus nie die Korintiërs se aanbod om finansiële steun wou aanvaar nie
Paulus verduidelik in 1 Korintiërs 9 waarom hy (in die Korintiërs se geval) besluit het om nie gebruik te maak van sy reg as apostel om finansieel ondersteun te word deur die gemeente nie. As hulle apostel is hy vry om dit van die hand te wys. Maar hoofsaak is dat hy nie, deur hulle geld te aanvaar, ‘n hindernis vir die verkondiging van die evangelie wil veroorsaak nie. Lees gerus meer oor hierdie potensiële hindernis, en sy ander motiverings…