www.bybelkennis.co.za Blog
God se rigiede teenoor sy toelaatbare wil – Francois Malan
Jan vra:
[Hierdie is ’n opvolgvraag]
Natuurlik is mens dankbaar teenoor die Here dat die kind se lewe gespaar is! Maar die punt wat ek wou maak is dat soveel mense beweer dat hulle eers ‘n uiters traumatiese gebeurtenis moes beleef voordat hulle tot besinning gekom en die Here voluit begin dien het. Soos prof Malan tereg opmerk is dit dan meesal hulle eie optredes wat tot gevolg het dat die dief kom om te steel en te verwoes.
Romeine 14:5 – Francois Malan
Hannelie vra
Romeine 14:5 na watter dae verwys Paulus hier?
The role of a pastor is not to grow a big church. The pastor’s role is to grow mature disciples who make disciples. — Rick Howerton
Kanale waardeur die liefde vloei
Die doel van hierdie opdrag is om liefde te wek wat uit ‘n rein hart, ‘n goeie gewete en ‘n opregte geloof kom (1 Timoteus 1:5).
In 1 Timoteus 1:5 antisipeer Paulus sy hantering van die vals onderrig van die wet (vs 7 – 11) deur die wet se ware doel op te som. Die lesers weet van watter liefde Paulus hier praat en daarom sê hy niks meer hieroor nie. Hy wys egter op die drie kanale waardeur die liefde vloei: hart, gewete en geloof.
Peace is the smile of God reflected in the soul of the believer – William Hendricksen
Bedank ons Jesus genoeg?
1n 1 Timoteus 1:11 sê Paulus dat die evangelie aan hom toevertrou is. Hy het die voorreg om as apostel in diens van Christus te staan. Nou kan hy nie anders as om eers sy betoog te onderbreek nie en opnuut sy verwondering en dankbaarheid oor die genade van God uit te spreek. Die feit dat hy ‘n apostel is, maak hom klein voor God. Teenoor Christus Jesus ons Here is ek dankbaar: Hy het my krag gegee en my betroubaar geag om my in sy diens te stel (1 Timoteus 1:12).
Daar is vier dinge waarvoor Paulus Jesus wil bedank: