www.bybelkennis.co.za Blog
“I have a great need for Christ: I have a great Christ for my need.” C. H. Spurgeon
Die gemeente loop leeg
Baie gemeentes is besig om leeg te loop. Daar kom egter ‘n snaakse effek na vore: elitisme. Daar is mense wat hierdie agteruigang in ‘n snaakse soort trots en meerderwaardigheid verander. Daar is sommiges wat beweer dat hierdie agteruitgang tot hoofstroom kerke beperk is – en kyk neer op hulle, want dit sou dan hulle verdiende loon wees. Hierdie aanname is vals – daar is min gemeentes wat nie krimp nie. Maar om ander af te kraak, help niks nie – dit is maar net ‘n vorm van ontkenning. Die gevolg is dat die herstelpoging verder vertraag word. Ons glo dit is iemand anders se probleem en ons kan maar onversteurd aangaan. Dit herinner nogal aan Lukas 18:11: O God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is nie.
Voorbodes – Francois Malan
’n Leser vra:
Dit gaan nou baie snaaks klink, maar ek moet dringend met iemand praat oor voorbodes. Dit het weer gister gebeur met my en ek verstaan dit nie. Ek wonder of dit nie my verbeelding is nie, maar ek dink nie so nie. Ek is reeds deur ’n mediese dokter as “anders” geklassifiseer. Ek wil verkieslik nie met sielkundiges praat nie, maar met ‘’n professor in Bybelkunde.
Die wapenrusting van God – Francois Malan
Thea vra:
Ek het graad 8 en 9’s in my sondagskoolklas en wil graag ‘n paar lesse doen oor die wapenuitrusting van God. Watter Bybelkarakters kan ek gebruik as voorbeelde en hoe sou ek hulle situasies gebruik?
Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Familie(3) – Hennie Stander
Gebruike rakende die lewensloop van die mens
Binne die gesinslewe was daar vier groot gebeurtenisse wat die voortgang van die lewe gekenmerk het, naamlik die geboorte, die bereiking van vol¬wassenheid, die huwelik en die sterwe. As gevolg van die belangrikheid van hierdie gebeurtenisse, het dit dikwels met spesiale gebruike of rites gepaard gegaan. Wanneer mense egter glo dat God be¬trokke is in die verloop van die lewe, verkry hierdie gebeure al gou ‘n godsdienstige betekenis en word dit op beide godsdienstige en sosiale wyse gevier.