Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Vodeselsoorte en Etes(4)
Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Vodeselsoorte en Etes(4) – Hennie Stander
Aan tafel
In die Ou en Nuwe Testamentiese tye het die gebruike wat die etenstafel betref, baie gewissel. In antieke Palestina is bloot ‘n vel van diere op die grond oopgesprei en dit het dan as tafel gedien. In latere tye is daar egter ook by ‘n lae tafel aangesit. In die middel was ‘n gemeenskaplike pot waarin elkeen sy brood gedoop het (Spreuke 26:15; Markus’ 14:20; Johannes 13:26). Toe Rut saam met die snyers geëet het, het sy dit op hierdie wyse gedoen (Rut 2:14).