www.bybelkennis.co.za Blog
“For the things we have to learn before we can do them, we learn by doing them.” ― Aristoteles, The Nicomachean Ethics
Roep jy ander om hulle te bekeer
Christene word nie alleen opgeroep om hulle te bekeer nie, maar word ook opgeroep om ander op te roep om hulle te bekeer. Dit is ‘n baie moeilike taak. Hoe benader ons iemand wat sonde doen op so ‘n manier dat hy homself sal verander? Hier is ‘n paar riglyne.
- ‘n Nederige benadering. Onthou ons is ook sondaars. Voor jy iemand oor sy sonde teregwys, moet ons onsself eers oor ons eie sonde teregwys.
Wat sê die Bybel oor verassing? – Francois Malan
Ben vra:
Ek wil graag weet of daar enige skrif verwysing is na die verassing van `n afgestorwene wat sê dit is verkeerd of geen probleem om iemand te veras nie.
Die getal sewe – Kobus Kok
Nadia vra:
Kan julle inligting vir my gee oor die nommer 7. My ma is oorlede die 7 van die 7de maand 2014. Die getal nr. 7 voel die heel tyd of dit n boodskap vir my is
In my deepest wound I saw your glory, and it dazzled me – Augustinus
Marana ta
As iemand die Here nie liefhet nie – vervloek is hy! Marana ta – kom Here (1 Korintiërs 16:22)
Die woorde Marana ta word vandag selde in die kerk gebruik, maar in die vroeë kerk was dit redelik algemeen gebruik. Die woord is van Aramese oorsprong en die betekenis is nie heeltemal duidelik nie. Hier is drie moontlikhede:
- ‘n Gebed Here kom. Dit is ‘n versoek vir Christus se wederkoms.
- ‘n Belydenis ons Here het gekom. Dit verwys na Jesus se menswording.
- ‘n Stelling ons Here is nou teenwoordig. Dit is byvoorbeeld tydens aanbidding, maar veral tydens nagmaal.