www.bybelkennis.co.za Blog

SABBAT: DIE RITME VAN VERSOENING

If you are drawn into a controversy, use very hard arguments and very soft words. –C.H. Spurgeon

Sabbat: Die ritme van versoening

C. Christopher Smith en John Pattison het onlangs ‘n boek, Slow Church, geskryf wat besig is om baie aandag te geniet. Ek gaan ‘n aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

Sabbat is ‘n dag wat opsy gesit is wat vorm aan ons karakter en identiteit gee. Dit is ‘n plek en tyd waar ons weer met God die bron van ons lewenskrag verbind. Die bekende rabbi en filosoof, Abraham Joshua Heschel sê dat die sabbat eternity in disguise is.

Vandag werk ons nie meer om te leef nie – ons leef om te werk.  Ons is trots dat ons so hard werk; dat ons nie tyd het om die sabbat te onderhou nie. Nêrens lees ons egter in die Bybel dat ‘n rusdag nie meer nodig is nie.

Werk: Werk saam met God se versoeningsending (1)

Unless there is an element of risk in our exploits for God, there is no need for faith. —Hudson Taylor

Werk: Werk saam met God se versoeningsending (1)

C. Christopher Smith en John Pattison het onlangs ‘n boek, Slow Church, geskryf wat besig is om baie aandag te geniet. Ek gaan ‘n aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

Werk is ‘n ingewikkelde, belangrike, selfs intieme deel van wat dit beteken om mens te wees. Dit is verbasend hoe min die kerk oor werk te sê het. Die kerk kan mos nie relevant wees as dit niks hieroor sê nie. As ons vir gemak of doeltreffendheid kortpaaie neem, verwater ons die vreugde van die evangelie. In ‘n kultuur wat deur gemak gedefinieer word, moet die kerk weer die betekenis van goeie werk ontdek. Ons moet ‘n balans ontwikkel tussen werk te ernstig opneem en dit glad nie ernstig opneem nie. Deur goeie werk te doen is een manier om as volgelinge van Jesus te reageer op die werk wat God reeds besig is om om ons te doen.

Leef saam op ‘n meer holistiese wyse

The first great gift we can bestow on others is a good example Thomas Morell

Leef saam op ‘n meer holistiese wyse

C. Christopher Smith en John Pattison het onlangs ‘n boek, Slow Church, geskryf wat besig is om baie aandag te geniet. Ek gaan ‘n aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

Ons moet praktyke wat God se versoeningswerk in gedagte hou, aanvaar. Dit beteken ons moet ons besluitnemingsprosesse verlangsaam. Ons moet oorweeg wat die gevolge van ons besluite sal wees. Het almal die geleentheid gehad om hulle insette te gee? Weet ons presies wat op die tafel is? As jy onseker is, vra. Het jy oor die saak gebid en ‘n duidelike antwoord gekry? Ons dink so dikwels dat ons weet wat die beste vir ‘n ander persoon is.

Verbied sekere mense ons kerke

 

Worry does not empty tomorrow of its sorrow, it empties today of its strength. —Corrie ten Boom

Verbied sekere mense ons kerke

C. Christopher Smith en John Pattison het onlangs ‘n boek, Slow Church, geskryf wat besig is om baie aandag te geniet. Ek gaan ‘n aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

Soms is gemeentes onwillig om sekere groepe mense te verwelkom en gasvry teenoor hulle te wees. Dit is dikwels op grond van hulle ras, ekonomiese status of seksuele oriëntering. Enige teologie wat nie met gasvryheid na ander uitreik nie, aanvaar nie God  se liefde vir en versoening met alle mense nie. Vandag is rassisme in meer subtiele vorms teenwoordig: ons skuif ons gemeente geografies as die demografie ten opsigte van ras in ons gemeenskap verander.