www.bybelkennis.co.za Blog
Remember, that man is not the master of that book, but the interpreter of that book – Lord Bacon oor die boek van die natuur
Hoe hanteer ek ontmoediging?
As ek ontmoedig is, voel dit asof ek ‘n swaar gewig op my skouers dra. Ek werk moeilik; die vreugde verdwyn uit my lewe. Voortdurende kritiek het ‘n invloed oor hoe ek oor myself voel; soms kan ek nie voldoen aan die onrealistiese hoë verwagtings wat ek aan myself stel nie. Hierby kan ons nog finansiële druk, gesondheidsprobleme en stukkende verhoudings voeg. Alles kan my ontmoedig laat.
The greatest good suffering can do for me is to increase my capacity for God.—Joni Erickson Tada
Gasvryheid en vrygewigheid
C. Christopher Smith en John Pattison het onlangs ‘n boek, Slow Church, geskryf wat besig is om baie aandag te geniet. Ek gaan ‘n aantal blogs aan hierdie boek spandeer.
Ons stabiliteit moet deur gasvryheid en vrygewigheid gekenmerk word. Twee van die grootste bedreigings vir stabiliteit is:
- Ons sien onsself as meerderwaardig teenoor diegene wat nuut in ons plek is – veral diegene wat nie daar is uit eie keuse nie; en
- Ons gebruik die feit dat ons lank reeds daar is om rykdom en mag bymekaar te maak.
Sin has been pardoned at such a price that we cannot henceforth trifle with it. —C.H. Spurgeon
Dien geloofsgemeenskappe as katalisator van die plaaslike kultuur
C. Christopher Smith en John Pattison het onlangs ‘n boek, Slow Church, geskryf wat besig is om baie aandag te geniet. Ek gaan ‘n aantal blogs aan hierdie boek spandeer.
Die ryk en oorvloedige lewe van God vloei uit ons geloofsgemeenskappe en help die omliggende gemeenskap om ‘n beter plek te word. – plekke wat saakmaak en uiteindelik vooruitgaan. Gemeentes word kataliste van die plaaslike kultuur. Met die gawes wat God aan ons gegee het, werk ons in ons plekke.
Let us not suppose that, apart from Christ, we have a drop of rectitude – Johannes Calvyn
Ontwikkel kennis van ‘n plek
C. Christopher Smith en John Pattison het onlangs ‘n boek, Slow Church, geskryf wat besig is om baie aandag te geniet. Ek gaan ‘n aantal blogs aan hierdie boek spandeer.
Hoe ontwikkel/kweek ons as gemeente of individue stabiliteit? Een manier om dit te doen, is om jou buurt waarlik te leer ken. Plek is ‘n gawe van God – soos alle ander dinge. Ons roeping is om ons plekke op so ‘n wyse te ken dat dit God se gawes aan ons openbaar en in ons ‘n diepe dankbaarheid en vreugde ontketen – dit is aanbidding.