www.bybelkennis.co.za Blog
Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Huishoudelike Aktiwiteite(1) – Hennie Stander
In die Bybelse tyd het die meeste mense vroeg opgestaan, selfs nog voordat die son opgekom het. Sodoende kon hulle die tyd wat dit lig was ten volle benut en ook rekening hou met die uitermatige hitte van die middagson wanneer ‘n mens nie veel kon uitrig nie. Ons lees dat Abraham vroeg opgestaan het om God se opdrag ten uitvoer te bring, naamlik om sy seun Isak te gaan offer (Genesis 22:3); Moses het vroeg opgestaan en die Sinaiberg uitgeklim om God daar te ontmoet (Eksodus 34:4); Job het vroeg in die more brandoffers gebring vir sy kinders vir ingeval hulle teen God gesondig het (Job 1:5); ook Jesus het vroeg opgestaan om op ‘n eensame plek te gaan bid (Markus 1:35).
Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Woonplekke Interessante Bybelgedeeltes – Hennie Stander
Jesus is die deur
Johannes 10:9. Baie moderne vertalings vertaal hierdie vers so “Ek (Jesus) is die deur”. Eintlik is hierdie vertaling baie misleidend aangesien die fokus hier nie is op die “deur” wat ‘n toegang toesluit of blokkeer nie, maar veel eerder op die “opening” waarin die deur pas, m.a.w. die ingang self. Jesus gebruik derhalwe hierdie term figuurlik om aan te dui dat Hyself die enigste toegang tot die hemelse koninkryk is.
Die oorblyfsel van Israel – Marius Nel
Jan vra:
In die OT lees mens telkens van ‘n “oorblyfsel” van Israel as hulle in ‘n oorlog was of eerder van ‘n bannelingskap vrygelaat word waarmee God dan voortgaan om met hulle te deel. In Romeine 10 sê Paulus dat Israel God se geregtigheid verwerp en hulle eie geregtigheid probeer oprig het met ‘n ywer vir God maar sonder kennis.
Geld dit ook vir Suid-Afrika? – Marius Nel
Jan vra:
Tydens die inwyding van die tempel in Salomo se tyd het die Here in die nag aan hom verskyn en vir hom gesê dat Hy sy gebed gehoor en hierdie plek vir Hom as ‘n offerhuis verkies het. En dan die bekende deel in 11 Kronieke 7: 14: en My volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en My aangesig soek en wat volg. Baie leraars en voorgangers en wie ookal beroep hulle op die teks ten behoewe/gunste van Suid Afrika en ek wonder of enige ander volk as die Israeliete hierop aanspraak kan hê?