Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Woonplekke(2)
Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Woonplekke(2) – Hennie Stander
Die verkoop van grond
Dit was tog soms nodig om die grond in geld om te sit wanneer ‘n spesifieke familie finansiële druk ervaar het, maar al die grond wat so verkoop is, moes in die jubeljaar (hersteljaar) aan die oorspronklike eienaar teruggegee word. So ‘n jubeljaar of hersteljaar het elke 50 jaar aangebreek. (Levitikus 25:10). Die verkoopswaarde van die land is bereken volgens die aantal jare wat daar nog oor was tot die, aanbreek van die volgende jubeljaar (Levitikus 25:13-17). Die doel van hierdie gebruik was om seker te maak dat enkele persone nie eiendom kon opgaar ten koste van die behoeftiges nie. Volgens Miga 2:2 lyk dit nie of hierdie maatreël gehelp het om sulke uitbuiting te voorkom nie.