www.bybelkennis.co.za Blog
Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Woonplekke(1) – Hennie Stander
Die huise in die Heilige Land word vandag deur veral twee prominente eienskappe gekenmerk. In die eerste plek het die huise almal baie dieselfde styl en voorkoms. Hulle neig almal om redelik vierkantig te wees, met ‘n plat dak en met trappe aan die buitekant en is oor die algemeen van wit kalksteenblokke gebou. Hierdie boustyl het ontstaan as gevolg van die heersende klimaat, die beskikbaarheid van boumateriaal en ‘n oorspronklike behoefte om so te bou dat plek bespaar word. Die tweede tipiese kenmerk van die woonplekke in Israel van vandag is dat baie ou huise nog steeds bewaar word tussen die redelike nuwe huise met die gevolg dat besoekers vandag nog, direk langs moderne huise, voorbeelde kan sien van wonings wat sekerlik nie veel verskil van dit wat in Bybelse tye bewoon is nie
We have wasted our time on petty internal quarrels, and neglected the mighty work of converting souls – J. C. Ryle
Ambassadeurs vir Christus (5)
Wat beteken dit as ons sê dat ons ambassadeurs vir Jesus Christus is? Ons gaan ‘n hele paar blogs hieraan afsonder. As basis gaan ons van 2 Korintiërs 5:11 – 21 gebruik maak.
Die ambassadeur se doel.
Wat wil die ambassadeur bereik? Hoe kan ons die doeltreffendheid van sy werk meet? Die doel is dat ‘n goeie verhouding tussen die Verlosser en die mense om ons gevestig word. Die moeiliheidsgraad van die werk van die ambassadeur word tot ‘n groot mate deur die gesindheid van die kultuur om hom teenoor die regering wat hy bedien, bepaal. Ambassadeurs speel nie op ‘n gelyke speelveld nie. Ambassadeurs vir Christus werk in verskillende geestelike klimate.
Meaninglessness does not come from being weary of pain, but meaningless comes from being weary of pleasure. We have exhausted ourselves in this indulgent culture – G. K. Chesterton
Ambassadeurs vir Christus (4)
Wat beteken dit as ons sê dat ons ambassadeurs vir Jesus Christus is? Ons gaan ‘n hele paar blogs hieraan afsonder. As basis gaan ons van 2 Korintiërs 5:11 – 21 gebruik maak.
Die boodskap van die ambassadeur
Wat moet die ambassadeurs van Christus spesifiek hanteer? In die Skrif definieer God hierdie boodskap baie duidelik.
While the doctors have been disputing, the disease has been spreading and the patient dying – J. C. Ryle oor die kerk
Ambassadeurs vir Christus (3)
Wat beteken dit as ons sê dat ons ambassadeurs vir Jesus Christus is? Ons gaan ‘n hele paar blogs hieraan afsonder. As basis gaan ons van 2 Korintiërs 5:11 – 21 gebruik maak.
Die verantwoordelikhede van ‘n ambassadeur
Die ambassadeur se rol hang af van die belangstelling wat sy regering in die mense na wie hy gestuur word, het. As ambassadeurs van Christus word ons na ‘n “land” waarin Christus groot belangstelling het, gestuur.