www.bybelkennis.co.za Blog
No man can do me a truer kindness in this world than to pray for me. —C.H. Spurgeon
Hoe verkondig ek die woord van God aan mense wat nie glo nie?
Daar is drie oortuigings wat sentraal staan:
- Jesus Christus staan sentraal in die Skrif
Die Bybel het ‘n storie en hierdie storie het ‘n punt. Sentraal in die storie en boodskap van die Skrif staan Jesus Christus – veral sy dood en opstanding. Alles lei hierheen of vloei hieruit voort. Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy sy Seun gestuur (Galasiërs 4:4). Die hele Ou Testamentiese verhaal is aan ons gegee sodat ons kan verstaan wie Jesus Christus is en hoekom ons Hom nodig het.
We have wasted our time on petty internal quarrels, and neglected the mighty work of converting souls – J. C. Ryle
Ambassadeurs vir Christus (5)
Wat beteken dit as ons sê dat ons ambassadeurs vir Jesus Christus is? Ons gaan ‘n hele paar blogs hieraan afsonder. As basis gaan ons van 2 Korintiërs 5:11 – 21 gebruik maak.
Die ambassadeur se doel.
Wat wil die ambassadeur bereik? Hoe kan ons die doeltreffendheid van sy werk meet? Die doel is dat ‘n goeie verhouding tussen die Verlosser en die mense om ons gevestig word. Die moeiliheidsgraad van die werk van die ambassadeur word tot ‘n groot mate deur die gesindheid van die kultuur om hom teenoor die regering wat hy bedien, bepaal. Ambassadeurs speel nie op ‘n gelyke speelveld nie. Ambassadeurs vir Christus werk in verskillende geestelike klimate. God stuur van sy beste ambassadeurs na die moeilikste werkplekke. Ons moet ons doel deur oorreding en uitnodiging najaag met die oog op lewensverandering.
Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Kleredrag(5) – Hennie Stander
Vandag kyk ons na sekere interessante Bybelgedeeltes ten opsigte van kleredrag
Mansklere en Vroueklere Deuteronomium 22:5. Alhoewel die klere van die antieke mens bale basies was, was daar nogtans verskille tussen die klere wat mans gedra het, en die klere wat vrouens gedra het. So byvoorbeeld was die klere van vrouens dikwels langer (enkellengte) as dié van mans (knielengte). Die verbod teen die dra van klere van die teenoorgestelde geslag, soos dit in Deuteronomium 22:5 uitgespel word, was egter eintlik ‘n uitspraak teen homoseksualisme. Voorts slaan dit ook op goddelose en kultiese praktyke.
We encounter people throughout our days and, instead of being people with hopes and dreams, despair and failures, they become items on the list – Craig Gross
Godsdienstige Pluralisme (4)
Godsdienstige pluralisme is vandag ‘n ernstige probleem vir die kerk. Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie probleem spandeer.
Ons het vantevore na verskeie kenmerke van informele pluralisme gekyk. Hoe moet ons hulle hanteer?
– Verdraagsaamheid – ons moet identifiseer met die onderliggende kommer wat die klem op verdraagsaamheid plaas. Christene moet benadruk dat hulle teen rasisme en alle ander vorme van onverdraagsaamheid is wat mense se regte aantas. Ons moet ook die perke van verdraagsaamheid identifiseer. Daar is sekere gedragte en optredes wat nie verdra kan word nie. Dit beklemtoon die noodsaaklikheid om sekere oordele te maak.