www.bybelkennis.co.za Blog
In this age, telling the truth is tough business and not for the fainthearted. —Albert Mohler
‘n Bietjie waarheid
Ravi Zacharias vra ‘n interessante vraag: Is daar nog kontakpunte tussen die kerk en die gedensentifiseerde kultuur waarin ons woon? Paulus is op pad na Rome. Hy staan voor Feliks om homself te verdedig (Handelinge 24). Tertullus is die aanklaer. Hy is klaar met sy toespraak. Paulus moet nou sy saak stel. Hy verseker vir Feliks dat hy geen wette oortree het of mense tot oproer aangehits het nie. Hy glo dat die ware rede vir die teenstand teen hom is dat hy ‘n volgeling van Jesus Christus wat opgestaan het, is. Feliks, wat die besonderhede in verband met die leer van Christus taamlik goed geken het, onderbreek die verhoor. Wanneer Lisias, die kommandant, kom, sal ek julle saak afhandel.
Veroordeel en nie veroordeel nie – Francois Malan
Francois vra:
Veroordeel of Nie Veroordeel nie wanneer jy sterf. Johannes 3:18 in besonder verwys. Vir my lyk dit of Johannes 3:36, 5:24, 6:40, 6:47 en Heb 10:26 in ooreenstemming met Joh 3:18 is. Vraag a. Verstaan ek dit reg: volgens hierdie vers is mense wat nie glo nie reeds veroordeel wanneer hulle sterf, en word hulle nie eers veroordeel op die oordeelsdag nie? Vraag b: Volgens Johannes 12:48 en Romeine 2:5 is daar wel ‘n oordeel op die laaste dag (neem aan dit is die oordeelsdag). In vergelyking met vraag a, hoe moet dit verstaan word?
Mahatma Gandhi aan die sendeling E. Stanley Jones: Don’t attempt to propagate your faith; just live it. Be like a rose, which, without a word, silently exudes its perfume and attracts the attention of the people.
Ek vernietig my gemeente
Daar is baie gemeentes wat groei en goed doen en ‘n paar jaar later het hulle ernstige probleme. Hoe verander ‘n gemeente van gesond na dood binne ‘n paar jaar? Paulus het die antwoord in 2 Timoteus 4. Hy kyk na die toekoms en sien ‘n kerk wat vernietig word. Die kerk word vernietig deur mense wat voorgee dat hulle in die Naam van Jesus optree.
Daar is een belangrike punt wat ons moet raaksien: die gemeente vernietig homself. Dit is nie vervolging of druk deur die kuultuur wat die gemeente vernietig nie. Die kerk word van binne vernietig. Kom ons kyk na die vier stappe wat tot die gemeente se ondergang gelei het.
“We want to make certain that we view culture through the eyes of faith, that we don’t view our faith through the eyes of culture.” – Stephen D. Livesay
Ons wil iets doen
In ons Westerse kultuur wil ons graag dinge so gou as moontlik doen. Soms lei dit tot groot dinge; soms lei dit tot chaos. Hoe gaan ons te werk:
- Observeer – kry ‘n prentjie van wat aangaan.
- Reageer emosioneel op ons verstaan van wat besig is om te gebeur.
- Oordeel – maak gevolgtrekkings gebaseer op ons verstaan van die saak en hoe dit ons laat voel.
- Tree in – neem besluite en doen iets gegrond op wat ons sien en voel.