Augustinus en gebed
God did not fix me up so that I couldn’t sin. He fixed me up so that I couldn’t sin and enjoy it – Henry Clay Morrison
Augustinus en gebed
Anicia Faltonia Proba was ‘n Romeinse edelvrou en Christen. Sy het vir Augustinus geken. Ons het nog twee briewe wat Augustinus aan haar gskryf het. Een daarvan handel oor gebed. Proba het aan Augustinus geskryf omdat sy bang was dat sy nie reg gebid het nie. Augustinus reageer met verskeie beginsels vir gebed. Van hierdie beginsels is nie wat ons sou verwag nie.
- Voordat jy oor die vraag wat om te bid en hoe om te bid kan nadink, moet jy eers ‘n besondere soort persoon wees. Wat is dit? Jy moet eers besef hoe verlate en eensaam jy in hierdie wêreld is – maak nie saak hoe voorspoedig jy is nie.